Home
EnterActive Productions | Tuesday, 07 September 2010
Login Form





Lost Password?
Events Calendar
S M T W T F S
29 30 31 1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30 1 2
Latest Events
Sat, Sep 11th, @11:00am - 12:00PM
Wielie Wielie Walie@Tom Burke
Polls
Waarvan hou jou kinders die MEESTE?
 
 
 
 
Tjoef Tjaf is die aap weer op sy balie! PDF Print E-mail
Image

Wielie Wielie Walie op ’n nuwe balie

 

 Karel Kraai en Sarel Seemonster trek asem in en roep: “Bennie! Bennie Boekwurm!” Die kinders van die land roep net so hard saam. Bennie Boekwurm kruip verstrooid uit sy boektonnel. “Haai, waar’s julle? Ek kan julle nie sien nie, wag, ek gaan gou my bril haal.”  “Nee, Bennie!” Lag Sarel Seemonster, “jou bril sit op jou voorkop.”

 

Image

         

Vir agtien jaar het dié toneel hom in Suid – Afrika afgespeel en was Karel Kraai, Sarel Seemonster en Bennie Boekwurm die kinders van die land se maatjies. En nóú het Sony Music met ’n splinternuwe DVD vorendag gekom: WIELIE WIELIE WALIE. Weerens is dit geskryf deur Louise Smit, die skepper van die oorspronklike reeks.

 

Dié Wielie Wielie Walie is propvol grappies, liedjies en stories en verskaf ’n uur se heerlike kykgenot.Bennie Boekwurm vertel twee nuwe stories, “Die Hoendertjie wat tande wou gehad het” en “Hiert, hier is ek, Hildatjie.”

 

 “Ek probeer altyd die kinders emosioneel saam met my vat”, sê Louise Smit. “behalwe al die prettigheid op die DVD, leer die jong kykers hoe om te deel en lekker saam te speel. Hoe sê Bennie? As jy van jouself hou, hou jou ook sommer meer van jou maatjies.”

 

Image 

 

Dan word daar ook kennis gemaak met ’n weeskwaggatjie wat sy intrek in die Wielie Wielie Walie – parkie kom neem:

“Goeiedag! Goeiedag! k is Wagga Wagga Kwag!” Dié nuwe karakter, Wagga Wagga Kwag, sal net soos Karel Kraai, Sarel Seemonster en Bennie Boekwurm diep in almal se harte inkruip.

 

"Die hele wêreld vra vir Wielie Wielie Walie,” sê Dulinda Pieters, assistant – regisseur van die DVD en regisseur van die verhoogproduksie. “Ons kry e – pos van oraloor wat daarvoor vra. Die ma’s van jong kinders wat daarmee grootgeword het soos ek, wil dit saam met ons kinders beleef. Daar is ’n vraag na die standaard en integriteit van Wielie Wielie Walie. Dis eintlik volksbesit.”

         

Dié Wielie Wielie Walie – DVD is reg vir die kersfeesmark, dan gaan dit weer in die huise weerklik as pa, ma en kind die keer saamroep: “Bennie! Bennie Boekwurm!”   

 

WIELIE WIELIE WALIE

ONS SKEDULE VIR DESEMBER 2009 EN JANUARIE 2010

 

5 Desember 2009
PERFORMER TEATER
10:00vm
6 Desember 2009
PERFORMER TEATER
13:00nm
8 Desember 2009DIE BLOU HOND
11:00vm
12 Desember 2009
BARNYARD VEREENIGING
10:00vm
13 Desember 2009
JAN HARMSGAT SE AGTERPLAAS
11:30vm
14 Desember 2009
PIERNEEF TEATER
10:00vm
15 Desember 2009
CADILLAC TEATER
11:00vm
16 Desember 2009
CAROUSEL CASINO
14:30nm
17 Desember 2009
RIO ESCAPADES CASINO
13:00nm
2-8 Januarie 2010
DIE BOER TEATER, DURBANVILLE
13:30nm
 
 
   
     

 
Advertisement
© 2010 EnterActive Productions