|

Die Babalela het amper geen voorstelling nodig nie. Hierdie oulike, pers karaktertjie het al diep in die harte van heelwat maaitjies ingekruip en elke dag is daar nog iemand wat die avonture van die Babalela meeleef. "Diep, diep in 'n donker bos...waar die son net soms deur die takke loer. Diep, diep in 'n donker bos...waar die varings welig, diepgroen staan. Diep, diep in 'n donker bos in 'n hol boomstop, net onder 'n blaar, woon...DIE BABALELA"
Die eerste boek uit die pen van Martie Preller, getiteld "Die Babalela" is ge-illustreer deur Andries en Erica Martiz. Hier leer ons die Babalela ken waar hy in die diep, donker bos woon. Ons maak sy avonture in die stad mee, waar hy natuurlk 'n paar noue onkomings het, maar soos enige treffer slaag die Babalela daarin om almal te wys wie is nou regtig die baas! Hierdie boek is alreeds in sy 5de druk en daar is al meer as 20,000 kopië verkoop! In die tweede boek vind ons uit wie saam met die Babalela in die bos woon. Hierdie diere wil natuurlik glad nie soos die Babalela rustig in 'n hol boomstomp slaap nie en hulle verveeldheid bring hulle gou in die moeilikheid! Weereens moet die Babalela bontstaan om die situasie te red en almal veilig terug te kry in die donker bos.
EnterActive Productions het eksklusiewe regte om hierdie pragtige verhale lewendig te maak. Hierdie teaterstuk oor albei boeke neem jou op 'n uitsonderlike verbeeldingsvlug waar jonk en oud as't ware die Babalela en ander bosdiere se avonture meemaak. Ons vertonings is nie net beperk tot die teater en gedurende skoolvakansies nie, want ons reis graag na jou dorp of stad en voer dit spesiaal vir jou op! Kontak ons gerus indien jy meer inligting wil kry. 
Lees gerus die ander artikels oor ons vorige vertonings en kyk gerus na die foto's wat ons opgesit het.  |