Ghoema Musiek Toekennings: Bennie is genommineer!

May 13, 2016

Bennie Boekwurm Ghoema

Op Maandag 25 April 2016 sal die ganse Afrikaanse musiekbedryf by die Joburg-teater byeenkom om te hoor wie vanjaar as wenners uit die stryd om die gesogte Ghoema-musiekpryse tree.

Die Ghoemas is reeds gevestig as die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek, en word trots ondersteun deur kykNET.

Vanjaar se toekenningsaand gaan behoorlik swierig en opwindend wees, met optredes deur van ons land se top-kunstenaars, soos Elvis Blue, Steve Hofmeyr, Karlien van Jaarsveld, Blackbyrd, HemelBesem, Brendan Peyper en Andriëtte.

Kategorie-aanbieders sluit bekende gesigte in die Afrikaanse vermaakbedryf in, soos Bravo! se Robbie Kruse, Die GROOT Ontbyt se Johrné van Huysteen, 7de Laan se Theordore Jantjies en die akteur Jody Abrahams.

kykNET se investering in die musiekbedryf is jaarliks merkwaardig en die kanaal tree vanjaar vir die vyfde agtereenvolgende jaar op as hoofborg van die Ghoemas, met Groot FM as die trotse radio-uitsaaivennoot. Ghoema 2016 verwelkom ook weereens Arthur Kaplan Jewelers as sêkondere borg van vanjaar se toekennings, en ons beslis opgewonde om ’n pad saam met hierdie gevestigde handelsmerk te stap.

Leave a reply
Die kaskenades van Jakkals en WolfKry jou Babalela CD NOU!

Leave Your Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *